Hengelaar uit hoogwater gered

Ian Liessing (24), ‘n hengelaar van Wittedrift, is Maandagaand gered nadat hy deur hoogwater op ʼn rots naby Keurboomstrand, in die Wes-Kaap, vasgekeer was.

Volgens Deon Truter, Plettenbergbaai se stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), is hulle omstreeks 18:00 deur Liessing se verloofde in kennis gestel dat hy by Pinnacle Rock vasgekeer is.

“Vrywilligers van Plettenbergbaai se NSRI-tak het hom te hulp gesnel. Toe ons by die toneel opdaag was die seetoestand te rof om die man met ʼn boot te red. Drie reddingswemmers het die rowwe seetoestand aangedurf en tot by hom geswem. Liessing was ongedeerd. Die NSRI het vir die man ʼn lewensreddingsbaadjie aangetrek en van toutegnieke gebruik gemaak om hom en die swemmers veilig op die strand terug te bring,” het Truter gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.