Hengelaars by Hartbeespoortdam gered

Die damwal in die skemer Foto: NSRI Hartbeespoortdam

Twee hengelaars is gered nadat hul boot Saterdagoggend stuurprobleme in Hartbeespoortdam buite Pretoria ondervind het.

Die dam is glo 108% vol weens die swaar reënval en donderstorms wat sedert Vrydag in die gebied ervaar word, berig EWN. Die mans was op ‘n baarshengelaarsboot in rowwe watertoestande en swaar reën. “Geen beserings is aangemeld nie,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê. “Die NSRI Hartbeespoortdam het hulle te hulp gesnel en na hul ankerplek teruggesleep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.