Hennepartytjie: Polisiemanne as ontkleedansers aangesien

Argieffoto

Dit klink soos ʼn toneel uit ʼn komiese film…  Polisiebeamptes van Darwin, in Australië, wat op klagtes van ʼn kroegrumoer gereageer het, moes vinnig terugval nadat ʼn groep vrouens op hulle toegesak en hulle hemde wou uittrek.

Die voorval het Donderdagaand by die Humpty Doo-hotel plaasgevind, berig Northern Territory News. Twee beamptes van die Palmerston-polisiestasie het omstreeks 22:40 gereageer na gerugte dat tien mense by die hotel se kroeg in ʼn bekgeveg betrokke was, maar toe hulle in die kroeg instap is hulle deur die vrypostige vroue omsingel.

“Die vrouens was gereed vir aksie, en die twee beamptes se hemde was amper heeltemal uitgetrek, maar hulle kon daarin slaag om, met hul waardigheid ongeskonde, uit die situasie te kom,” het kommandeur Louise Jorgensen aan die koerant gesê. “Die beamptes is met ontkleedansers verwar. Geen aanklagtes sal in verband met die voorval gemaak word nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.