Henning hoor vandag oor borg

Nico Henning tydens sy vorige verskyning.

Nico Henning tydens sy vorige verskyning.

Nico Henning, wat daarvan beskuldig word dat hy sy vervreemde vrou, Chanelle Henning, vermoor het sal na verwagting Vrydag in die Pretoriase streekhof verskyn om aansoek te doen om borgtog.

Henning het Dinsdag in die hof verskyn vir sy borgaansoek maar landdros Desmond Nair het die saak tot vandag uitgestel. Henning se regsverteenwoordiger het vir uitstel gevra sodat nog dokumente aan die hof voorsien kan word. Die staatsaanklaer, Gerrie Nel, het nie die versoek teengestaan nie. Die hooggeregshof in Pretoria het verlede week gehoor dat Henning glo sy beste vriend gemanipuleer het en hom gevra het om die moord te reël. ʼn Emosionele Andre Gouws het getuig dat sy vriend van 24 jaar glo aangebied het om hom R1 miljoen te betaal om sy vervreemde vrou te vermoor ten einde toesig oor die paartjie se kind te kry. Die geld sou glo in maandelikse paaiemente van R50 000 betaal word. Gouws het gesê dat hy teen Henning sal getuig en dat hy besluit het om die waarheid te vertel aangesoen “dit die regte ding is om te doen.” Gouws en die voormalige Nigeriese Olimpiese atleet Ambrose Monye is skuldig bevind aan die kontrakmoord op Henning. Sy is in November 2011 doodgeskiet in Faerie Glen kort nadat sy haar kind by ‘n kleuterskool afgelaai het.

Lees ook:
Nico Henning-borgtogverhoor uitgestel
Nico Henning hoor dalk vandag oor borgtog
Video: Nico Henning gee homself aan die polisie oor
Video: “Ek sou enigiets doen vir Nico Henning”
Chanelle Henning-moordsaak: Nico gee homself glo oor
Chanelle Henning-saak: Monye wil óók bely; saak uitgestel
Chanelle Henning-saak: “Nico het my gehuur”
Henning-moordsaak: Vonnisoplegging hervat
Video: Nuwe wending in Chanelle Henning-hofsaak
Groot wending in Chanelle Henning-moordsaak
Henning-moordenaars se vonnisoplegging begin vandag
Video: Henning-saak se ouers glo baasbrein is nog vry
Twee skuldig aan Henning-moord
Chanelle Henning-saak: Vermeende moordenaars het “saamgesweer”
Chanelle Henning: Skieter se vrou vas oor dwelms
Chanelle Henning-saak: Nico het glo finansieel swaargekry ná moord
Chanelle Henning-saak: Bewerings oor dwelms, molestering
Chanelle Henning-saak: Monye se oproepe, dreigemente bevraagteken
Chanelle Henning-saak: Monye se getuienis bevraagteken
Ambrose Monye getuig in Chanelle Henning-saak
Henning-saak: Staat het alle getuies ondervra
Henning-beeldmateriaal “geloofwaardig”
Chanelle se pa blameer haar man vir moord
Henning-moord: Verhoor hervat vandag
Henning-moordsaak: Verdagtes beweer aanranding in tronk
Henning-moord: Twee weer in hof
Henning-moord: “Ek is trots op jou, my vriend”
Henning-moord: “Ek kon nee gesê het”
“My tatoe is aan Chanelle Henning opgedra,” sê moordenaar
Henning-moord: Verskeie vergaderings om moord te beplan
Chanelle Henning se man het haar laat agtervolg
Henning-moord: “Ek het nie gedink nie. Ek het net gedoen.”
Henning-moord: Getuie blaf vir beskuldigdes
Henning-moord: Saak staan af
Henning-moord: “Monye het gesê ons moet dit doen”
Henning-moordsaak: Regter gefrusteerd
Henning-moord: Beskuldigdes pleit onskuldig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Henko ·

Ek hoop nie daar word borg toegestaan nie, hy is veels te glibberig en sal moontlik vlug.

Eben ·

Henko … ken jy Nico Henning? …. NEE(!!!) hy sal nie vlug en nog minder is hy glibberig. Hy is onskuldig tot hy skuldig bevind is, Terloops was die beskuldiges ( oa Andre Gouws) se getuies tydens hul verhoor geloofwaardig? ….. Ek vra maar net!

Rieks ·

Eben – ek vra maar net… As hy nie skuldig is nie HOEKOM gee hy homself oor??? Ek stem saam GEEN borg nie – hy het al 2 jaar vry rond geloop! Hy sou ook nie voor die hof verskyn het indien daar nie genoeg bewyse teen hom is dat hy wel skuldig is nie. ‘n Gesin moet sonder ‘n dogter aangaan en ‘n seun sonder sy ma net omdat hy nie toesig gekry het nie! Daar is baie antwoorde en oplossings vir egskeidings as om die “probleem” uit die weg te ruim…

Henko ·

Rieks, ondervind het geleer om nie met deelnemers hier te argumenteer of in die strik te trap nie. Ek sê my sê en klaar. Stem saam met jou, ook het hierdie Henning genoeg geld gehad om die moordenaar(s) te betaal. Hy het homself oorgegee slegs nadat Gouws bekend gemaak het dat hy die meesterbrein was, vir geen ander rede nie. Ek dink dit was met die eerste oomblik wat ek gelees het dat Gouws ‘n bekentenis wil maak, het ek ook gesê dat hy die heeltyd gelieg het, maar gee hom die voordeel van die twyfel. Hy gaan niks baat deur nou die waarheid te praat nie, nie eers finansieel nie.

Ai ai ·

Kry die ou seuntjie en haar ouers net baie jammer, sonder ‘n ma en dogter moet hulle nou deur die lewe gaan, en so onnodig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.