Henning-moord: Beskuldigdes pleit onskuldig

Chanelle Henning

Die twee mans wat van die moord op Chanelle Henning beskuldig word, het Maandag in die Pretoriase hooggeregshof onskuldig gepleit.

Ambrose Monye, voormalige Olimpiese atleet van Nigerië, en André Gouws, het beide onskuldig gepleit op die vyf aanklagte in verband met Henning se moord. Die vier ander klagte is sameswering tot moord, sameswering om ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie te bekom, besit van ʼn onwettige vuurwapen, en besit van onwettige ammunisie.

Die saak is tot na middagete uitgestel terwyl die Staat op ʼn tolk wag.

Henning (26) is op 8 November 2011 in Faerie Glen, Pretoria-Oos doodgeskiet net nadat sy haar seuntjie by ʼn kleuterskool afgelaai het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.