Henning-moord: Een van die beskuldigdes in hof

Een van die verdagtes in die Chanelle Henning-moordsaak sal na verwagting Dinsdag sy pleit- en vonnisooreenkoms in die landdroshof in Pretoria afhandel.

Preshan Singh word daarvan aangekla dat hy die moordwapen verskaf het vir die moord op die jong ma wat in 2011 doodgeskiet is, net na sy haar seun by ʼn kleuterskool in Faerie Glen afgelaai het. Eyewitness News berig dat Singh moontlik skuldig sal pleit op die klag wat met ʼn vuurwapen verband hou en sal ʼn opgeskorte vonnis ontvang. Hy sal ook na verwagting gemeenskapsdiens moet doen.

Singh het in sy borgaansoek bely dat hy die rewolwer aan Gerhardus du Plessis en Willem Pieterse verskaf het wat in die moord op Henning gebruik is. Hy volstaan egter by sy standpunt dat hy die vuurwapen aan Du Plessis geleen het sonder om te weet wat hy daarmee wou doen. Du Plessis en Pieterse het skuldig gepleit op aanklag van moord, sameswering tot moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen in Desember verlede jaar. Mede-beskuldigdes Ambrose Monye en André Gouws se hofsaak sal in November voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.