Henning-moord: “Ek het nie gedink nie. Ek het net gedoen.”

Chanelle Henning

Dit was glo nie in Willem Pieterse se aard om te moor nie, het die Pretoriase hooggeregshof Donderdag gehoor.

“Ek kon haar net nie skiet nie. Dit is nie in my aard om mense te vermoor nie,” het hy gesê in antwoord op ʼn vraag oor ʼn mislukte poging om Chanelle Henning dood te skiet.

“Ek het net die motorfiets bestuur. Ek is nie die leier nie,” het Pieterse gesê.

Daan Mostert, André Gouws se prokureur, het Pieterse oor sy besluit om aan die moord deel te neem, uitgevra. “Ek het glad nie gedink nie. Ek het net gedoen,” het Pieterse gesê.

Pieterse getuig tans in die hofsaak teen Ambrose Monye en André Gouws. Hulle word van die moord op Henning aangekla, sowel as sameswering tot moord, sameswering om ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie te bekom, en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie. Hulle het onskuldig gepleit.

Twee mans op ʼn motorfiets het Henning (26) op 8 November 2011 in haar motor in Faerie Glen, oos van Pretoria, doodgeskiet net nadat sy haar seuntjie by die kleuterskool afgelaai het. Pieterse, ʼn voormalige polisiebeampte, en sy mede-kollega, Gerhardus du Plessis, beweer dat Monye hulle teen R10 000 elk gehuur het om Henning dood te skiet. Beide mans het in Desember 2011 skuldig gepleit en dien tans 18 jaar tronkstraf uit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.