Henning-moord: Verhoor hervat vandag

Chanelle Henning

Die verhoor van twee mans wat daarvan verdink word dat hulle betrokke was in die moordkomplot teen Chanelle Henning word Maandag in die Pretoriase hooggeregshof hervat.

Ambrose Monye, ‘n voormalige Olimpiese atleet van Nigerië, en ‘n voormalige veiligheidswag, André Gouws, staan tereg op aanklagte van moord, sameswering tot moord, sameswering om ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie te bekom, die besit van ‘n onwettige vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie. Hulle het onskuldig gepleit.

Monye en Gouws het 15 April vlugtig in die Pretoriase hooggeregshof verskyn om vir borg aansoek te doen. Die mans beweer hulle word in polisieaanhouding aangerand. Die saak is tot vandag uitgestel omdat die regter se assessor met siekverlof was.

Twee mans op ‘n motorfiets het Henning (26) op 8 November 2011 doodgeskiet net nadat sy haar seuntjie by ‘n kleuterskool in Faerie Glen, oos van Pretoria, afgelaai het.

Wilhelm Pieterse en Gerhardus du Plessis het vroeër skuld erken dat hulle by die moord betrokke was, en dien reeds hul tronkstraf van 18 jaar elk uit.

Lees ook:
Henning-moordsaak: Verdagtes beweer aanranding in tronk
Henning-moord: Twee weer in hof
Henning-moord: “Ek is trots op jou, my vriend”
Henning-moord: “Ek kon nee gesê het”
“My tatoe is aan Chanelle Henning opgedra,” sê moordenaar
Henning-moord: Verskeie vergaderings om moord te beplan
Chanelle Henning se man het haar laat agtervolg
Henning-moord: “Ek het nie gedink nie. Ek het net gedoen.”
Henning-moord: Getuie blaf vir beskuldigdes
Henning-moord: Saak staan af
Henning-moord: “Monye het gesê ons moet dit doen”
Henning-moordsaak: Regter gefrusteerd
Henning-moord: Beskuldigdes pleit onskuldig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.