Henning-moordsaak: Regter gefrusteerd

Chanelle Henning

Regter Johan Kruger in die Chanelle Henning-moordsaak sê hy raak al hoe meer gefrusteerd met die vertragings in die verhoor.

Die verrigtinge is Maandag weer uitgestel, omdat ‘n tolk nie beskikbaar was nie, berig EWN. ‘n Afrikaans/Engels-tolk was nie vir Ambrose Monye se Nigeriese tolk beskikbaar nie. Dit is nog ‘n terugslag vir die Staat, wat verlede Maandag al gereed was om met die saak voort te gaan. Staatsaanklaer Gerrie Nel sê hulle sal sonder ‘n tolk voortgaan indien een nie Dinsdag beskikbaar is nie. Volgens Nel sal hulle in só geval die beskuldigde help om “op te vang” indien ‘n tolk weer beskikbaar is.

Die verhoor is vir 10 dae lank geskeduleer, maar weens al die vertragings is daar slegs vier dae oor. Dit is onwaarskynlik dat die saak binne die voorgestelde tydperk hul saak sal kan afhandel, so nuwe datums vir volgende jaar sal geskeduleer moet word, indien nodig.

Henning is in November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, doodgeskiet net nadat sy haar seuntjie by ‘n kleuterskool afgelaai het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.