Herehuis moet gesloop word oor uitsig

Foto: www.grocotts.co.za

ʼn Bekende professor moet binne ses maande sy herehuis van nagenoeg R6 miljoen in Kenton-on-Sea in die Oos-Kaap, sloop.

TimesLive berig dat die hooggeregshof in Grahamstad vroeër die maand die bevel gemaak het ná ʼn uitgerekte hofstryd van nege jaar. Prof. Matthew Lester, assosiaat-professor van die Rhodes-sakeskool en ’n belastingkenner, se koepelvormige huis oortree volgens hofstukke die bouregulasies. Die drieverdieping-huis belemmer die uitsig van Lester se skatryk buurman James Haslam. Lester sê hy het reeds meer as R1 miljoen spandeer aan regskoste en dat dit hom nagenoeg R8 miljoen sal kos om sy huis te sloop en herbou. Lester gaan die saak nou na die hoogste hof van appèl in Bloemfontein verwys. Sy sorge het sowat nege jaar gelede begin nadat Haslam en die Ndlambe-munisipaliteit die hof gevra het om ʼn slopingsbevel uit te reik. Lester het aangevoer dat sy bouplanne oorspronklik goedgekeur is maar dat daar later gepoog is om ʼn nuwe stel regulasies, waaronder ʼn hoogtebeperking van 7,5m, af te dwing. Regter Sytze Alkema, het bevind dat Lester nie persoonlik die wet oortree het nie maar dat sy eiendom wel onwettig is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.