Hermanus geruk deur moord op ma

Die rustige vakansiedorp Hermanus is Woensdag geruk deur die moord op ‘n ma van twee wat in haar huis vasgebind en doodgesteek is.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. November Filander, sê Juliet Haw (43) se pa het Woensdagmiddag omstreeks 15:30 op haar liggaam afgekom in haar huis in die Voëlklip-area. Filander sê Haw was veronderstel om haar kinders, onderskeidelik 10 en 12 jaar oud, by die skool op te laai. Toe sy egter nie opdaag nie, het die skool die kinders se oupa, Haw se pa, geskakel. Volgens Filander het Haw Woensdag oor middagete laas met haar pa gepraat nadat sy glo gevra het om ʼn grassnyer by hom te leen. Haw se pa het haar vasgebinde liggaam in die spens langs die kombuis gevind. Sy is verskeie kere met ʼn mes in die bors gesteek. ʼn Selfoon en ʼn skootrekenaar word vermis. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.