Hernieude ywer in busstaking

Stakende buswerkers het hul betoging Donderdag in Kaapstad hernu en daarop aangedring dat daar aan hul eise voldoen word.

Busbestuurders neem tans aan ‘n landswye staking staking deel vir hoër salarisse. Lede van die SA Transport and Allied Workers’ Union (Satawu) en die Transport and Omnibus Workers’ Union (Towu) sal na verwagting betoog.

“Ons lede vergader buite die Athlone-biblioteek en sal na die Onderhandelingsraad betoog,” het Wayne Louw, woordvoerder van Satawu in die Wes-Kaap, gesê.

Volgens John Dammert, woordvoerder van die Golden Arrow-busdiens, het gesê die partye kon Woensdag nie ‘n ooreenkoms tydens onderhandelinge met die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) bereik nie. “Ons verteenwoordiger, wat deel is van die onderhandelingsraad, het aan my gesê die vakbonde het hul eise na 13% verlaag, en werkgewers het hul aanbod na 8% verhoog,” het Dammert gesê.

Die KVBA het voorgestel dat die partye op 9% ooreenkom.

Vakbondfederasie Cosatu het vroeër gesê hulle ondersteun die stakende busbestuurders en hul looneise.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.