Herrie oor Vigs-twiet

'n Skermskoot van Sacco se beweerde twiet

‘n Skermskoot van Sacco se beweerde twiet

ʼn Senior direkteur van ʼn internasionale internetmaatskappy het ʼn herrie op sosiale media ontketen nadat sy getwiet het: “Gaan Afrika toe. Hoop nie ek kry Vigs nie. Grap net. Ek is wit.”

Justince Sacco, senior direkteur van korporatiewe kommunikasie by InterActiveCorp (IAC), het glo vanoggend in Suid-Afrika aangekom. Sacco het glo Vrydagaand die twiet uitgestuur kort voor sy van Londen na Suid-Afrika vertrek het. Haar Twitter en Facebook-profiele is intussen verwyder. IAC het volgens berigte in ʼn verklaring gesê Sacco se twiet was verregaande en aanstootlik en dat dit nie die sienings en waardes van die maatskappy weerspieël nie. Sacco het glo intussen ʼn nuwe Twitter-profiel geskep waar sy onvoorwaardelik vir die twiet om verskoning gevra het. Sy het ook getwiet: “Ek het pas die nuus gekry dat ek deur IAC afgedank is. Ek het dit verwag. Weereens is ek regtig jammer en vol berou.”

Sacco se beweerde twiet het internasionaal groot nuus gemaak met berigte in onder meer die Huffington Post en die New York Times.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.