Justince Sacco, senior direkteur van korporatiewe kommunikasie by InterActiveCorp (IAC), het glo vanoggend in Suid-Afrika aangekom. Sacco het glo Vrydagaand die twiet uitgestuur kort voor sy van Londen na Suid-Afrika vertrek het. Haar Twitter en Facebook-profiele is intussen verwyder. IAC het volgens berigte in ʼn verklaring gesê Sacco se twiet was verregaande en aanstootlik en dat dit nie die sienings en waardes van die maatskappy weerspieël nie. Sacco het glo intussen ʼn nuwe Twitter-profiel geskep waar sy onvoorwaardelik vir die twiet om verskoning gevra het. Sy het ook getwiet: “Ek het pas die nuus gekry dat ek deur IAC afgedank is. Ek het dit verwag. Weereens is ek regtig jammer en vol berou.”
Sacco se beweerde twiet het internasionaal groot nuus gemaak met berigte in onder meer die Huffington Post en die New York Times.
Wat het sy gese wat nie waar is nie?