Herrie op Facebook na dienssentrum Audi afskryf

Dunne se Audi A4 is afgeskryf nadat dit by ‘n dienssentrum vir herstelwerk was. Foto: Facebook

Ilke Dunne, ʼn inwoner van Northcliff in Johannesburg, sê Audi A4 is afgeskryf na sy dit na ʼn diensstasie geneem het om ʼn fout met die motor se afslaandak te herstel.

ʼn Herrie het die week op Facebook losgebars nadat Dunne Saterdag ʼn foto van haar verfrommelde motor op Audi se Facebook-blad geplaas het. Die foto is glo aan haar gestuur deur iemand wat verby die ongelukstoneel gery het. Dunne het op Facebook geskryf dat sy reeds vir drie weke wag vir terugvoer vanaf Audi Nothcliff nadat hulle die saak begin ondersoek het. Volgens Dunne het Audi vir haar gesê dat hulle nie vir die skade gaan betaal nie en dat sy dit van haar versekering moet eis. Dunne sê sy het geweier om vir die skade te betaal aangesien dit nie haar skuld was nie. Audi het Dinsdagaand, nadat hulle erg deurgeloop het op Facebook, ʼn verklaring op hul blad geplaas. Die verklaring is onderteken deur Ryan Searle, hoof van Audi SA, en voer onder meer aan dat Audi spyt is oor die gebeure wat gelei het tot Dunne se Facebook-inskrywing. Dit lees verder dat Audi met groot plesier aan sy Facebook ondersteuners kan kommunikeer dat die saak nou opgelos is en dat hulle ʼn ooreenkoms met Dunne bereik het. Audi sê hy sal voortgaan om die saak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Etienne ·

Ek woon in Rhodesfield ANSON straat, net om die hoek van AUDI en LINDSAY SAKER. Ek het al meer as een maal (indien nie 100 keer) opgemerk dat die motors wat op “toets” geneem word, soos n renmotor behandel word.
Op meeste word almal in die buurt se klagtes op burokratiese ore teneer, wat net niks aan die saak doen nie. Altyd n verskoning en altyd n nuwe departement waaraan dit gerapporteer moet word.

So my terugvoer is dus – AUDI en LINDSAY SAKER verniel beslis kliente se voertuie sonder hul medewete. Ek is bly dat die voorval aan die lig gekom het. Nou kan daar hopelik beter antwoorde of oplossings aan gedink word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.