Herroep rugby-rassekwotas of boikot-aksie teen Vodacom-beker begin, sê AfriForum

Argieffoto.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag ʼn skrywe aan die Suid-Afrikaanse Rugby Unie (SARU) en die 14 provinsiale rugby-unies gestuur, waarin gevra word dat SARU se besluit om rassekwotas in die Vodacombeker te implementeer, herroep word. Sou dit nie gebeur nie, sal AfriForum ʼn boikot-aksie teen volgende jaar se Vodacombeker-reeks van stapel stuur.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het SARU met dié nuwe kwotabeleid ter ondersteuning van die ANC se rasse-ideologie, sy rug gekeer op jong rugbyspelers en gewone rugbyondersteuners wat betaal om Vodacombeker-wedstryde by te woon.

Kriel het daarop gewys dat AfriForum ten gunste van rugbyontwikkeling is en dit heelhartig sal ondersteun indien dit aan almal die geleentheid bied om aan rugby deel te neem. “ʼn Rassekwota-beleid dra egter nie daartoe by om nuwe spelers te onwikkel nie, aangesien instellings en provinsies bloot swart spelers, wat reeds rugby speel, invoer om aan die kwotavereistes te voldoen. Rugby-unies behoort eerder op ontwikkelingsprogramme te fokus as om met ʼn kwotabeleid op ʼn rassebasis teen sekere spelers te diskrimineer,” het Kriel gesê.

Kriel voer aan dat ʼn rassekwotabeleid swart rugbyspelers uiteindelik net so erg benadeel as hulle wit eweknieë omdat die geldigheid van hulle opname in die spanne voortdurend onder verdenking is. SARU behoort eerder sy versuim om op skoolvlak jong swart talent te ontwikkel, reg te stel as om op hierdie kunsmatige wyse die getalle te probeer regdwing.

Volgens Kriel is dit belangrik dat betalende rugbyondersteuners nou standpunt moet inneem. “Stilswyende aanvaarding van SARU se rassekwotas in die Vodacombeker sal meebring dat SARU dieselfde soort rassemanipulasie in die Superrugby- en Curriebekerreekse sal toepas,” het Kriel bygevoeg.

Kriel het ʼn beroep op SARU gedoen om die ANC se rassepolitiek opsy te skuif en eerder in belang van rugby, alle spelers en ondersteuners op te tree.

Lees ook:
‘Raskwotas ʼn tree agteruit,’ sê VF+
“Meer swart spelers in rugbyspanne benodig”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

amy ·

Ons het sommer klaar besluit om nie meer Springbokrugby te kyk nie. Daai mannetjies se ogies sal gou gou-gou oopgaan as die geldkraantjie bietjie opdroog, en hulle nie meer hulle spogkarretjies kan ry nie.

Johan ·

In die vroeër 70 – tagtiger jare was dit maar baie goed en gemaklik om sport sanksies teen Suid Afrika toe te pas agv van Apartheid en alles wat daarmee saamgegaan het. Dit het ingesluit dat ‘n swart speler nie in ‘n wit span mag speel nie. Dis was sekerlik verkeerd.
Nou kom SARU en hulle wil met presies dieselfde as wat daai jare gebeur het, swart spelers bevoordeel teenoor wit spelers en hulle kyk eenvoudig maar net weer teen die rassekaart vas!
Kyk asb daarby verby SARU en laat die spelers met meriete die spanne haal. Julle is met die kwotas besig om vinnig en baie seker ‘n rassistiese instelling te word

Conrad ·

Ek is so stadigaan ook om op die punt te kom om nie meer rugby te kyk nie oor die tipe van ding. My pa kyk nie meer curriebeker rugby nie, want die Bokke toer en dan speel die ‘tweede keuse’ ouens die reeks en bring die span tot ‘n kwarteind of semifinaal en dan word die bokke teruggesit in die span. Die bokke kan mos maar dan bietjie rus en laat die wat die reeks gespeel het, klaarmaak. Nou die tipe van kwota-ding. Meskien is ek ook al daar waar ek rugby gaan boikot soos wat ek krieket alreeds ge-boikot het. Weet nie eers meer wie speel in die nasionale krieketspan nie.

Nico ·

Ek het ook al lankal opgehou rugby kyk vandat dit nie meer op TV uitgesaai word nie, en ek weier om ten duurste vir DSTV te betaal.

GB ·

Ek ondersteun die boikot 100%! Politiekery vernietig die trots wat daar by anderskleurige atlete en selers is om op verdienste beoordeel te word en nie hul velkleur! Dit is wat my betref VERRAAD teenoor “op meriete en verdienste” gekose spanlede. Net nog ‘n instansie wat dieselfde pad gaan loop as elke enkele staatsdepartement waar politiekery vernietigend ingewerk het of effektiwiteite!

Elsa ·

Mag die wittes nou niks meer doen nie. Hulle het ons werk gevat. Vat nou ons sport , moor die wittes uit. Waar moet die arme wittes heen en wat moet hulle doen. Alles word van hulle weg geneem. Hulle het nog altyd meer in sokker belangestel waar kom die rugby storie vir hulle nou van daan. Dit is net om weer iets van die witte weg te vat. Apartheid is kamtig weg maar dit is 100 maal erger as toe die wittes in bewind was. Boikot hulle dit al wat gaan help. Hoop die buiteland neem kennis hiervan.

Tokkie ·

Ek boikot hulle lankal, maar die Regering sal maar net weer ingryp en onwettig belastingeld gebruik om rugby instand te hou.

christo ·

Laat ou Nelson maar vir hulle gaan speel sodra hy uit die dode opgestaan het, met ou Franscois se nr 6 trui en al.

Dirk Hall ·

Hierdie sirkus boikot ek al 20 jaar. Het van die TV ontslae geraak en sit die radio af as enige sport, breinspoeling, sirkuspolitiek ens die draadloos tref!!

Hilton ·

Ek sal die boicot 100% ondersteun ,dit is tyd dat ons begin standpunt inneem ,want die ideote in saru is brein dood en weet beslis nie wat hulle doen nie .As hulle eerder Rugby wou bevorder en nie die ANC se egos nie ,sou dit baie beter gaan ,hoekom spits hulle hulle nie toe op skoolvlak en kry regtig iemand wat kan speel nie ,ons gee nie om watter kleur speel nie solank hul net kan ,en om n goei speler uit te los net omdat hy nie die regte kleur het nie en hom met n swarte te vervang wat nie eers n bal kan skop of vang nie is ideoties om die minste te se .

Berita Drescher ·

Dit is n groot jammerte dat SARU nou besig is om sy eie gat te wil sien……wie anders as meerderheid wit ondersteun die stadions? Wel doen wat julle beoog en sit met al jul kaartjies en moenie dink SAners gaan oorsee toer om die Bokke te ondersteun nie en ook nie die pawiljoene vol sit met Curriebeker en SupeRugby wedstryde nie…. moenie krap aan ons nie jul gaan spyt wees.

HENNIE GROBLER ·

DIE ANC HET ALLES IN HIERDIE LAND OPGEF-K.
SARU IS NOU BESIG OM DIESELFDE MET RUGBY TE DOEN.
EK STEM SAAM DAT ONS NOU TOT AKSIE OORGAAN EN RUGBY IN
TOTALITEIT BOIKOT.AS DAAR NIE TOESKOUERS IS NIE IS DAAR
NIE GELD OM DIE SPELERS EN DIE ADMINISTRATEURS TE BETAAL NIE
EN OOK NIE GELD OM DIE STADIONS IN STAND TE HOU NIE.
KWOTAS GELD OOK VIR ANDER SPORTSOORTE EN MISKIEN MOET DIE
BOIKOT UITGEBREI WORD.
DIE ANC KAN MISKIEN DALK TOT ANDER INSIGTE KOM.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.