Hertzog-familie het ingestem dat beeld geskuif word

Voormalige eerste minister Barry Hertzog se standbeeld voor die Uniegebou

Voormalige eerste minister Barry Hertzog se standbeeld voor die Uniegebou

‘n Standbeeld van voormalige eerste minister James Barry Hertzog is na ‘n ander plek by die Uniegebou geskuif en is Maandag deur ‘n reuse brons standbeeld van Nelson Mandela vervang.

“Die skuif van Hertzog se standbeeld is ná deeglike konsultasie gedoen,” het pres. Jacob Zuma tydens die Versoeningsdagvieringe by die Uniegebou gesê. “Die standbeeld van voormalige eerste minister James Barry Hertzog, wat die regering tussen 1924 en 1939 gelei het, het eers hier gestaan. Die verteenwoordigers van Hertzog het ingestem dat die standbeeld geskuif mag word om plek te maak vir Madiba se standbeeld.”

Zuma het sy bedanking uitgespreek vir die Hertzog-familie vir hul “begrip en samewerking”.

Die Uniegebou is ook Maandag ingehuldig as ‘n nasionale erfenisterrein. “Ons vier die 100-jarige bestaan van die Uniegebou vandag, en ons doen dit met ‘n geruste hart dat hierdie setel van die regering nou nie net meer ryk is in estetiese waarde nie, maar ook in sy morele waarde en simboliek.”

Die Uniegebou was vroeër net ‘n provinsiale erfenisterrein.

Lees ook:
Nelson Mandela-standbeeld onthul

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Shannon ·

As of die familie die enigste gesag is met gekonsulteer moet word ?!

Daan Smit ·

Al vergeet van die Hertzogge, behalwe vir die tertjies. Wys net hoe kort ‘n mens se waarde is. Niemand praat ooit meer oor enige van die Hertzogs nie, ook nie regtig van die HNP ni.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.