Só het hulle om Krejcir geval

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Die departement van binnelandse sake het bewerings ontken dat Radovan Krejcir die land onwettig binnegekom het.

“Krejcir het sy Seychellese paspoort met ʼn besoekerspermit gebruik om Suid-Afrika binne te kom,” het Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van die departement, Vrydag gesê. “Hy het daarna aansoek gedoen om ʼn asielpermit. Ons kan nie net sê ons wil nie iemand se saak eers oorweeg nie.”

Volgens Apleni is Krejcir se saak tans by die Appèlraad vir Voortvlugtendes. “Sodra die besluit geneem is, kan dit bekend gemaak word of vlugtelingstatus toegeken is, of afgekeur is waarop so ʼn persoon dan gedeporteer sal word. Maar dit beteken nie dat jy met ʼn besoekerspermit aan allerhande onwettige praktyke soos misdaad mag deelneem nie.”

Krejcir het in 2007 in Suid-Afrika aangekom en is vir ʼn maand lank aangehou nadat hy glo ʼn vervalste paspoort gebruik het.

Krejcir se vennote, Uwe Gemballa en Lolly Jackson, het altwee in 2010 gesterf. Hy was glo saam met hulle betrokke in ʼn geldwasseryskema.

Krejcir se sekuriteitskonsultant, Cyril Beeka, is in Maart 2011 doodgeskiet.

ʼn Sluipmoordlys is glo in Krejcir se huis opgespoor. Beeka en sekuriteitskonsultant Paul O’Sullivan se name was glo op dié lys.

Bassam Issa, wat glo ook ʼn vennoot was van Krejcir, is in Oktober vanjaar in Bedfordview, Johannesburg, doodgeskiet.

Veselin Langanin, ʼn man van Serwië, wat saam met Krejcir in hegtenis geneem is vir gewapende roof, is in November in sy huis in Bedfordview doodgeskiet.

Die klagtes van gewapende roof teen Krejcir is in Oktober 2012 teruggetrek.

Hy is in Desember 2012 in Tsjeggië, sy land van herkoms, in absentia tot 11 jaar tronkstraf gevonnis vir geldwassery.

Krejcir is ook in 2012 in hegtenis geneem vir bedrog ter waarde van R4.5 miljoen wat verband hou met ʼn versekeringseis. Hy het glo van mediese dokumente gebruik gemaak om voor te gee dat hy blaaskanker het. Dié klagtes is ook teruggetrek.

Krejcir het vanjaar ʼn aantal beweerde sluipmoordpogings oorleef. In Julie vanjaar is daar, sekondes nadat hy uit sy motor geklim het, met afstandbeheerde wapens op hom losgebrand. Dit het in die parkeerarea van sy Money Point-goudhandelaaronderneming in Bedfordview plaasgevind. Sy voormalige werknemer, Brendan Harrison, is in hegtenis geneem omdat hy glo medepligtig was om hom te vermoor. Dié saak is voorlopig van die hofrol geskrap en Harrison is vrygelaat.

Twee mense is op 12 November in dieselfde parkeerarea dood nadat ʼn bom ontplof het.

Sy uitleweringsverhoor hervat op 6 Desember.

Lees ook:
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Says ·

Money Talks !!! maar ek hoop dit is die laaste van die knaap se manewales.

Jasper ·

Let maar op in die natuur. Brommers trek ook na die plek toe waar dit die meeste stink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.