
'n Hewige haelstorm het Sondag groot dele van Gauteng getref. Die foto is in die noorde van Pretoria geneem. Foto: Verskaf
Die weerdiens het vroeër gewaarsku dat donderstorms en hewige reën oor groot dele van die land verwag word. Talle mense het foto’s op sosiale netwerke soos Facebook en Twitter gelaai. Daar is ook berigte dat ʼn haelstorm Potchefstroom in Noordwes getref het.
Het dit in jou omgewing gehael of hewig gereën? Stuur vir ons jou ooggetuie berig of foto’s na [email protected]. Of plaas dit op ons ooggetuie blad.