Heyneke is nuwe Bokafrigter

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Vrydagmiddag in Kaapstad aangekondig dat Heyneke Meyer die nuwe Springbokafrigter is.

Meyer (44), rugbyhoof by die Blou Bulle Maatskappy (BBM), sal oorneem by Peter de Villiers wat die Springbokke van 2008 tot 2011 afgerig het. Meyer sal vir die eerste keer beheer neem van die 1995 en 2007 Rugby wêreldkampioene wanneer hulle op 9 Junie teen Engeland in Durban te staan kom. Meyer sê hy is opgewonde oor die geleentheid om alle Suid-Afrikaners trots te maak op die Springbokke. “Met my betrokkenheid by die Blou Bulle het ek gesien hoe passievol Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners is. Ek weet hoe beklangrik is rugby in die Suid-Afrikaanse psige en sal alles in my mag doen om te verseker dat die Springbokke onder die pasaangeërs van wêreldrugby bly.” Meyer was die afrigter van die Vodacom Bulls toe hulle die eerste Suid-Afrikaanse span geword het om in 2007 die Super 14 te wen. Meyer was ook ʼn hulpafrigter by die Springbokke toe Nick Mallet en Harry Viljoen die afrigters was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.