Heyneke kondig nuwe Springbokspan aan

Die Springbokafrigter Heyneke Meyer. Foto: ravereview.co.za

Heyneke Meyer het Sondag die 31-man Sprinbokspan aangekondig vir November se toetse in Ierland, Skotland en Engeland.

Die agterspelers is Juan de Jongh, Jean de Villiers (kaptein), Francois Hougaard, Elton Jantjies, Zane Kirchner, Patrick Lambie, Lionel Mapoe, Lwazi Mvovo, Ruan Pienaar, JP Pietersen, Raymond Rhule, Morne Steyn, Jaco Taute en Jano Vermaak.

Die voorspelers is Willem Alberts, Arno Botha, Schalk Brits, Pat Cilliers, Marcell Coetzee, Eben Etzebeth, Juandre Kruger, CJ van der Linde, Francois Louw, Flip van der Merwe, Franco van der Merwe, Tendai Mtawarira, Jannie du Plessis, Chiliboy Ralepelle, Gurthro Steenkamp, Adriaan Strauss en Duane Vermeulen.

Bryan Habana is nie in die span ingesluit nie as gevolg van ʼn kniebesering wat hy tydens Saterdag se Curriebeker-eindstryd opgedoen het.

Die Springbokke gaan Woensdag in Kaapstad byeenkom en vertrek Saterdag na Brittanje.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.