Heyns-moord: Drie weer in hof

Dr. Louis Heyns

Dr. Louis Heyns

Drie van die verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met misdade teen die vermoorde dr. Louis Heyns (59) verskyn vandag in die hooggeregshof in Kaapstad.

Heyns was ’n dosent aan die Universiteit van Stellenbosch en ʼn pediater by die Tygerberg-hospitaal. Hy was  ʼn week lank vermis voor sy liggaam op 30 Mei in die Strand-omgewing gevind is. Sy liggaam is in ʼn vlak graf onder ʼn boom naby die minigholfbaan in Kusweg gevind.

Marthinus van der Walt (33), sy broer Sarel (42), en die eienaar van die werkswinkel waar Heyns se voertuig gevind is, Juan Liedeman (37), is in verband met sy moord in hegtenis geneem. Die broers word van moord en roof aangekla, terwyl Liedeman van roof aangekla word. Liedman is in Junie verlede jaar op borgtog van R20 000 vrygelaat. Die broers het hul borgtogaansoek laat vaar.

Lees ook:
Heyns-moordsaak: Verdagte kry borg
Heyns-moordsaak: Twee trek borgaansoek terug, een veg voort
Heyns-moord: Drie weer in hof
Nog drie vas vir moord op Kaapse pediater
Drie in hof vir moord op Kaapse pediater
Vermiste pediater dood gevind
Polisie soek steeds na vermiste pediater
Kaapse pediater steeds vermis
Kaapse pediater vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.