Heyns-moord: Drie weer in hof

Dr. Louis Heyns

Drie van die verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met misdade teen die vermoorde dr. Louis Heyns, gaan na verwagting Maandag in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

Marthinus van der Walt (33), sy broer Sarel (42), en die eienaar van die werkswinkel waar Heyns se voertuig gevind is, Juan Liedeman (37), het verlede Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn. Die broers word van moord en roof aangekla, terwyl Liedeman van roof aangekla word.

Heyns was ’n dosent aan die Universiteit van Stellenbosch en ʼn pediater by die Tygerberg-hospitaal. Hy was vir ʼn week lank vermis voor sy liggaam op 30 Mei in die Strand-omgewing gevind is. Sy liggaam is in ʼn vlak graf onder ʼn boom naby die minigholfbaan in Kusweg gevind.

Lees ook:
Nog drie vas vir moord op Kaapse pediater
Drie in hof vir moord op Kaapse pediater
Vermiste pediater dood gevind
Polisie soek steeds na vermiste pediater
Kaapse pediater steeds vermis
Kaapse pediater vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.