Heyns-moordsaak: Verdagte kry borg

Juan Liedeman. Foto: Chanel September / EWN

Juan Liedeman, een van die drie mans wat glo verbind word aan die moord op dr. Louis Heyns, is Dinsdag in die Somerset-Wes-landdroshof op borgtog vrygelaat.

Liedeman (37) is die eienaar van die paneelklopperbesigheid in Malmesbury waar Heyns se voertuig gevind is. Hy staan tereg op aanklagte van roof en word ook as medepligtige tot die moord aangekla. Sy medebeskuldigdes, Marthinus van der Walt (33) en sy broer Sarel (42), word van moord en roof aangekla. Die Van der Walt-broers het Maandag borgtogaansoeke laat vaar en bly in aanhouding.

William Booth, Liedeman se prokureur, het gesê sy kliënt is verheug dat hy vrygelaat is.

Liedeman is op borgtog van R20 000 vrygelaat. Die saak is tot 8 Augustus uitgestel.

Lees ook:
Heyns-moordsaak: Twee trek borgaansoek terug, een veg voort
Heyns-moord: Drie weer in hof
Nog drie vas vir moord op Kaapse pediater
Drie in hof vir moord op Kaapse pediater
Vermiste pediater dood gevind
Polisie soek steeds na vermiste pediater
Kaapse pediater steeds vermis
Kaapse pediater vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.