BMW AG spog met sy produksiemodel van die nuwe i3 elektriese kompakmotor wat van koolstofvesel gemaak is om die gewig so lig as moontlik te hou en bestuursvermoë te verbeter.
Norbert Reithofer, hoof uitvoerende beampte, het by ʼn bekendstelling in New York dit benadruk dat die motor in sy geheel as ʼn elektriese motor ontwerp is. “Die i3 is elektries gebore,” het hy gesê.
Die maatskappy sê die i3 wat in Leipzig, Duitsland gebou word, sal nul tot 100km/h binne 7.2 sekondes bereik. Die motor se afstand word beraam op 130 – 160km. Modelle met ʼn opsionele afstandverlengde brandstofenjin kan tot 300km bereik.
Die motor word van November in Duitsland en ander Europese markte vir ongeveer R460 000 verkoop en sal volgende jaar in Amerika, Japan en China beskikbaar wees.
Mmmm baie cute moet ek sê. Maar nie die prys nie.
Teen daardie prys gooi ek maar fossiel brandstof in my ou karretjie, dankie