Hier is SA se Dorp van die Jaar

Die prentjiemooi Vrystaatse dorpie, Fouriesburg, is as die 2013-wenner van Kwêla op Kyknet se Dorp van die Jaar-kompetisie aangewys. Fouriesburg is geleë langs die Maluti Drakensberg-roete (MDR).

Fouriesburg het meer as 107 000 stemme ingepalm, en het sy naaste teenstander, Paarl in die Wes-Kaap, met meer as 65 000 stemme geklop. Amerintia Human, die voorsitter van die MDR, het gesê hulle is verheug met die oorwinning en sy is seker dat die hele streek vir hul dorpie gestem het.

Human het gesê die R1 miljoen-prysgeld wat gewen is, gaan gebruik word om Fouriesburg se toerismebedryf ʼn hupstoot te gee. Sy sê plaaslike besighede sal daarby baat en nuwe werksgeleenthede sal geskep kan word.

Bron: OFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willy ·

Baie mooi Fouriesburg. My buurdorp. Baie geluk aan elkeen wat gehelp het. Te veel om op te noem.
Geniet die glorie julle verdien dit.

Trevor Henn ·

Hoop hulle gaan van die geld gebruik om die strate rybaar te maak en die eet plekkies se diens op te skerp!!!! Ek was so 2 jaar gelede daar en beide van voorgenome was baie swak!!!! Geluk in elk geval!!!

Petro van Niekerk (née Fourie) ·

Dis die volgende stappie van die Fourie-geskiedenis. Trots op die Fourie’s se dorp!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.