Hierdie winkels is Sondag gesluit

Argieffoto van Builders Warehouse

Argieffoto van Builders Warehouse

Massmart-winkels sal Sondag gesluit wees vir die begrafnis van voormalige president Nelson Mandela.

Builders Warehouse, Builders Express, Builders Trade Depot, Builders Superstore, CBW, Cambridge Food, DionWired, Game Stores, Jumbo Cash and Carry, Makro, en Rhino Cash and Carry is hierby ingesluit.

“Ons het die besluit geneem om ons personeel die geleentheid te bied om die dag by hul families te spandeer,” het Annaleigh Vallie, woordvoerder vir Massmart, gesê.

Mandela is Donderdag in die ouderdom van 95 by sy huis in Houghton in Johannesburg oorlede. Hy word Sondag in Qunu in die Oos-Kaap begrawe, waar hy grootgeword het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.