Hier’s die rykstes

geld groei aan bomeDie Forbes-tydskrif het pas sy lys van 400 rykste Amerikaners bekend gemaak.

Bill Gates, stigter van Microsoft, het weer die Meksikaanse telekommunikasiemagnaat, Carlos Slim as die rykste man ter wêreld verbygesteek, aldus dié lys van rykste mense in 2013. Hiermee het Gates terselfdertyd die 20ste jaar agtereenvolgens die posisie as die rykste man in die VSA ingeneem. Sy bates word op $72 miljard gereken, $6 miljard meer as verlede jaar.

Die Amerikaner wat naas Gates die meeste bates het, is Warren Buffett van die mediakonglomeraat Berkshire Hathaway.

Die stigter van Facebook, die 29-jarige Mark Zuckerberg, keer terug na die top 20 na Facebook verlede jaar deur diep water gevaar het. Daar is 48 vroue onder die top 400 rykste Amerikaners. Vir die eerste keer is daar ook ‘n vrou op die lys wat voorheen ‘n man was. Jennifer Pritzker, erfgenaam van die Hyatt-hotelgroep, was voorheen as luitenant-kolonel James Pritzer bekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.