Hiervoor dien misdadigers vonnisse uit

Ongeveer 'n kwart van gevangenes in Suid-Afrika dien 'n vonnis vir geldverduistering of bedrog uit. Foto: rnw.nl

Ongeveer 71% van gevangenes dien ʼn vonnis vir geweldmisdade uit, het die minister van korrektiewe dienste, Sibusiso Ndebele, gesê.

Ndebele, wat onlangs in sy amp aangestel is, het Dinsdag ʼn verslag aan die Nasionale Vergadering se Korrektiewe Dienste Komitee moes lewer. Hy het gevra vir rehabilitasieprogramme wat hierdie soort misdade aanspreek.

Die Sowetan Live berig dat byna ʼn kwart (23%) van die misdadigers skuldig is aan ekonomiese misdade soos geldverduistering en bedrog.
Afgeronde syfers toon dat 55% tronkstraf uitdien vir aggressiewe misdade, 16% vir seksuele oortredinge, 2% vir dwelmverwante misdade en 5% vir ander misdade.

“Ongeveer 40% van die gevangenes is verhoorafwagtend en dit het ʼn invloed op hoe ons hulpbronne toewys,” het Ndebele gesê. Die hoeveelheid verhoorafwagtende gevangenes vir 2011/12 was 46 000 terwyl gevangenes vir dieselfde periode 113 000 was.
Verlede jaar was daar meer as 10 000 misdadigers wat ʼn vonnis van minder as twee jaar moes uitdien. Daar is ook 19 500 toesiggevalle en 42 000 gevangenes op parool in die korrektiewe stelsel.

Ongeveer 40% van misdadigers dien ʼn vonnis van meer as tien jaar uit en rondom 10 000 is lewenslank gevonnis.
Ndebele het verder gesê dat Suid-Afrika die grootste hoeveelheid gevangenes (rondom 146 000) in Afrika het, gevolg deur Ethiopië met 85 000 gevangenes. Egipte, Rwanda en Marokko is volgende met meer as 60 000 gevangenes.

Suid-Afrika is 18e op die wêreldranglys.
“Suid-Afrika vonnis 316 mense uit elke 100 000 inwoners in vergelyking met die VSA wat 743 uit elke 100 000 vonnis,” Ndebele gesê.

Hy het egter sy kommer uitgespreek oor die toenemende hoeveelheid misdadigers wat lewenslange vonnis opgelê word en gevra dat daar nuut gedink moet word oor vonnisoplegging vir verskillende misdade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris ·

Die antwoord is voor die handliggend: Stuur die gevangenes na Robbin Eiland, en na 27 jaar is almal swart engele, met doktorsgrade en ‘n wit vrou.

Brenda ·

Die ENIGSTE REHABILITASIEPROGRAM vir geweldsmisdade is die DOODSTRAF- bring dit terug, pas dit toe en al die misdadigers is onmiddellik gerehabiliteer. Punt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.