Hipnose-kunstenaar val na sy dood

Scott Lewis

Scott Lewis

‘n Video van sy manewales volg onderaan die berig. Scott Lewis, die Amerikaanse hipnose-kunstenaar, het van ʼn balkon uit ʼn woonstel in Sydney, Australië, na sy dood geval.

Lewis was in Australië om in die Sydney-operahuis op te tree.

ʼn Woordvoerder van die polisie het Sondag gesê sy liggaam is Saterdagoggend op een van die balkonne aangetref. Hy het glo van die 11de verdieping na die 4de verdieping geval.

Lewis het glo saam met ander kunstenaars in die gebou, naby aan die operahuis, tuisgegaan.

Die woordvoerder van die polisie, wat anoniem wou bly, het gesê ondersoekbeamptes het bevind dat sy dood nie onder verdagte omstandighede plaasgevind het nie. Sy sê egter die polisie moet nog bepaal of Lewis se afsterwe ʼn ongeluk was en of hy self gespring het.

Tim Lawson, medevervaardiger van die vertoning, en die Sydney-operahuis het Lewis se afsterwe bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.