Hittegolf duur dalk tot Maandag

Verskeie gebiede van die land is steeds vasgevang in die derde dag van ʼn intensiewe hittegolf, waarsku die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

Puseletso Mofokeng, ʼn weervoorspeller, sê temperature wissel tussen 35°C en 40°C in sekere gedeeltes van die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes, Limpopo, Mpumalanga en Gauteng.

Die warm weer behoort tot Maandag voort te duur en reën in sommige gebiede word vir die naweek voorspel.

Daar is ʼn 60% kans vir reën in Gauteng met ʼn kans vir verspreide donderbuie in KwaZulu-Natal, Vrystaat, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.