Hittegolf-waarskuwing in Engeland

Argieffoto

Die weerdiens in Engeland het Donderdag waarskuwings oor ʼn hittegolf uitgereik.

Volgens die departement van meteorologie ervaar Brittanje sy eerste uitgerekte hittegolf sedert 2006, met temperature van meer as 30 grade Celsius vir ses agtereenvolgende dae.

Woensdag was die land se warmste dag toe Surrey, buite Londen, temperature van 32.2 grade Celsius beleef het.

ʼn “Vlak drie”-waarskuwing is regoor die suide van Engeland en die Midlands uitgereik, wat beteken dat bejaardes en baie jong mense spesiale voorsorgmaatreëls moet tref.

Een wetenskaplike by die London School of Hygiene and Tropical Medicine het beraam dat die hitte tot 760 sterftes tussen 6 Julie en 14 Julie gelei het. “Data toon ʼn risiko vir sterftes wanneer die temperatuur bó 26 grade Celsius styg,” het Ben Armstrong, professor in epidemiologiese statistiek, gesê.

Owerhede het mense ook teen swem in mere en riviere gewaarsku nadat vier mense Dinsdag in afsonderlike gevalle verdrink het.

Twee soldate is oor die naweek in Wallis oorlede. Hulle het militêre oefeninge in 29 grade Celsius gedoen, alhoewel die oorsaak van hulle dood nog nie vasgestel is nie. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AMANDA ·

Dan sal hulle nie in Kathu oorleef in die somer met temprerature wat maklik tot 45 grade celcuis word. lol

Lizette ·

Dis regtig snaaks, die arme Engelse kan nie die hitte vat nie, hier by ons in Richardsbaai is dit selfs winterdae oor die 30 grade, in die somer word dit oor die 40 grade hier!!! Neewat 32 grade is regtig kinder-speletjies!!! Stuur hulle bietjie Afrika toe dan praat ons weer, die hele spul sal seker in die hospitaal beland as hulle ons somers moet beleef!!!

Paul ·

En die Engelse dink weer ons is laf as dit 12 grade is en Suid-Afrikaners trek drie baadjies en twee stelle handskoene aan.

marcelle ·

Ek het in Suid Afrika groot geword vir 32 jaar woon nou in Northampton Engeland, die hitte hier is nie dieselfde as daar nie. Die bedompigheid is iets verskrikliks hier saam met die hitte.
Die week was ongelooflik warm gewees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.