Hittegolf-waarskuwing vir PTA verleng

Die Tshwane-metro se nooddienste het Donderdag ʼn waarskuwing uitgereik dat Pretoria warm weerstoestande ervaar wat met ʼn hittegolf assosieer word.

“Die hitte gaan nog ʼn geruime tyd met ons wees en mag selfs terugkeer nadat dit weer afgekoel het,” het Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, gesê.

Hy sê veral kinders en mense wat baie tyd buite spandeer of buite oefen, moet versigtig wees vir hitte-uitputting. “Bejaardes en mense met gestremdhede is ook in gevaar as hulle in warm plekke gelos word, veral as hulle nie self kan beweeg en koelte soek nie,” het Pieterse gesê.

Hitte-uitputting kom voor wanneer mense in warm omstandighede werk of oefen en die liggaam hom nie voldoende kan afkoel nie. Ontwatering vind plaas en die liggaam begin oormatig sweet wat spierkrampe, hoofpyn, moegheid en naarheid veroorsaak. “Dié toestande maak dit vir ʼn mens moeilik om genoeg vloeistowwe te drink om die liggaam te hidreer, wat lewensgevaarlike gevolge kan hê,” het hy bygevoeg.

Die Tshwane-nooddienste is op hoë gereedheid geplaas. Die nooddienssentrum kan geskakel word by 10177 of 012 358 6300/6400.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Samantha ·

Is dit nie veronderstel om die weerdienste te wees wat weer voorspel en hittegolwe voorspel nie? Van waneer kan Nooddienste weer voorspel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.