Hoë geskors oor Gupta-fiasko

Foto: @People_SA/Twitter

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Donderdagoggend aangekondig dat hy ʼn senior amptenaar geskors het na afloop van ʼn voorlopige ondersoek oor die Gupta-fiasko.

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement, sê ambassadeur Bruce Koloane, hoof van staatsprotokol, is geskors na afloop van ʼn voorlopige ondersoek oor die Gupta-familie se huweliksgaste wat by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria geland het om ʼn troue by Sun City by te woon. Monyela sê hulle stel ondersoek in na die omstandighede waaronder die Guptas en hul gaste toestemming gekry het om by die lughawe te land. “Geen uitvoerende gesag is deur die departement of presidensie verleen vir die burgerlike vliegtuig om by Waterkloof-lugmagbasis te land nie. Dit is egter duidelik dat die vliegtuig wel toegelaat is om daar te land en dat daar toestemming van regeringsbeamptes verkry is en dus die skorsing van Koloane.” Monyela sê daar sal opgetree word teen diegene wat daaraan skuldig bevind word dat hulle beleide, reëls en wette verontagsaam het. EWN berig intussen dat die passasiersvliegtuig van Waterkloof-lugmagbasis verwyder moet word en dat die Guptas en hulle gaste nie weer van daar af sal kan vertrek nie.

Die Gupta-familie hou intussen vol dat hulle die nodige toestemming gekry het om die vliegtuig by die Waterkloof-lugmagbasis te land. Die weermag het ook vroeër ontken dat hy toestemming verleen het vir die vliegtuig om op die lugmagbasis te land.

Lees ook:
Doeanebeamptes glo nie by Gupta-landing
Foto’s: DA wil Gupta-vervoerreëlings ondersoek
Gupta-troue: SANW glo onbewus van Waterkloof LMB-toestemming
Gupta-gaste mag by Waterkloof LMB land
Guptas reël “bruilof van die eeu”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Susan ·

Let wel, daar is ‘n verskil tussen afdank en skors. n Persoon wat geskors is nog nie sy werk kwyt nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.