Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ʼn spesiale kennisgewing uitgereik oor hoë ongemaklikheid in dele van KwaZulu-Natal.
Jan Vermeulen, weervoorspeller, het gesê daar sal geïsoleerde reënbuie en donderbuie in die noordelike, oostelike en suid-oostelike dele van die provinsie wees. Swaar reënval word Vrydag in die gebied en Mpumalanga verwag.
ʼn Koue front sal na verwagting die Wes-Kaap tref, het Vermeulen gesê. “Daar sal geïsoleerde reënbuie in die noordelike en noord-oostelike dele wees.”
Gauteng kan koel weer verwag met geïsoleerde reënbuie en donderbuie.
“Die Noordwes sal gedeeltelik bewolk en warm wees met geïsoleerde buie en die Vrystaat sal na verwagting gedeeltelik bewolk maar warm wees met reënbuie in die ooste,” het Vermeulen bygevoeg.
Limpopo kan ook bewolkte weer en verspreide reënbuie te wagte wees.