Hoë padsterftesyfer vir Desember

Twee mense is ernstig beseer na hul voertuig in Johannesburg omgeslaan het. Hulle is na ‘n provinsiale hospitaal geneem vir verdere behandeling. Foto: Netcare911

‘n Totaal van 1 068 mense is sedert die begin van die maand regoor die land op paaie dood.

“Dié dodetal is weens 890 noodlottige ongelukke regoor die land vanaf 1 Desember tot 25 Desember,” het Ashref Ismail, woordvoerder van die padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), Donderdag gesê.

Vir die tydperk 1 Desember 2011 tot 10 Januarie 2012, is 1 771 sterftes aangemeld. In die vorige jaar het 1 551 persone oor dieselfde periode gesterf. Die RTMC het vroeër die maand gesê hulle het gehoop om die padsterftes met 25% oor die feesseisoen te verminder.

Ismail het Donderdag gesê 18 groot noodlottige ongelukke het tot dusver gedurende die feesseisoen plaasgevind. ‘n Ongeluk word as ‘n groot ongeluk geklassifiseer wanneer óf meer as vyf mense sterf, óf meer as vyf voertuie betrokke is, ‘n voertuig skadelike stof gemors het of die ongeluk vir ‘n ander rede as hoë profiel geag word.

Daar was 11 groot noodlottige ongelukke waar die motors mekaar reg van voor gestamp het.

‘n Totaal van 2 174 mense is vir bestuursverwante oortredings in hegtenis geneem. Meer as helfte van dié inhegtenisnemings, 1 153 mense, is vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Ander persone is vir verkeerde taxi- of openbare vervoerpermitte, roekelose en nalatige bestuur, spoedoortredings en te veel passasiers.

Ismail sê verkeersvolumes sal na verwagting tydens die Nuwejaarsnaweek op die hoofweë toeneem. Hy waarsku egter dat mense “neig om vinniger te ry” wanneer verkeersvolumes laag is, en dit tot enkelvoertuig- en hoëspoedbotsings lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Ismail en sy Padverkeerbestuurskorporasie sal weer na die tekenbord moet terugkeer want, wat hulle ookal beplan het om padsterftes gedurende die huidige vakansie-seisoen te verminder, het eenvoudig nie gewerk nie.

Hulle sal van betroubare inligting van motorongelukke en sterftes uit die verlede, indien dit beskikbaar is, gebruik moet maak om maatreëls vir die bekamping van ongelukke in te stel – en nie bloot wat hulle dink gedoen moet word nie. Daar moet veral gelet word op die redes vir die baie ongelukkig waarby taxi’s en minibus-taxi’s betrokke is soos byvoorbeeld oorlading, padwaardigheid, afstande afgelê deur dieselfde bestuurder (sonder enige rus) en drankmisbruik, alternatiewelik medikasie om moegheid en uitputting teë te werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.