Hoë sekuriteit vir leierskapsberaad

Tony Blair

Die sekuriteit sal na verwagting Donderdag opgeskerp word binne en rondom die Sandton Convention Centre vir die Discovery Invest Leierskapsberaad wat daar gaan plaasvind.

Tony Blair voormalige Britse eerste minister, sal Donderdagmiddag ʼn toespraak lewer. Groepe wat buite die gebou gaan betoog sal versoek dat hy in hegtenis geneem moet word vir sy aandeel aan die oorlog in Irak, berig EWN. Aartsbiskop emeritus Desmond Tutu het Dinsdag as een van die sprekers onttrek, aangesien hy glo nie ʼn verhoog met Blair wil deel nie.

Alhoewel Blair hom nie aan die dreigemente en betogings steur nie, het die polisie gesê hy gaan nie kanse vat nie. Wayne Minnaar van die metropolisie, het gesê verskeie paaie rondom die gebou sal afgebaken word. “Daar sal ʼn groot polisieteenwoordigheid in die gebied wees, en, indien nodig, sal ons die gebied selfs vergroot,” het Minnaar gesê.

Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê die polisie se openbareorde-eenheid is ook in die gebied ontplooi.

Ander sprekers by die beraad is Pravin Gordhan, minister van finansies, en Gary Kasparov, bobaasskaakspeler en politieke aktivis van Rusland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.