Hoenders, dwelms in bordeel gevind

Argieffoto

Lede van ʼn gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) was onkant betrap toe hulle ʼn bordeel in Pretoria-Noord binnegestap het.

Beeld berig lede van die GPF het 320 lewende hoenders in die motorhuis van ʼn gebou in Hornstraat in Wolmer gevind. Konst. Maanda Singo, woordvoerder van die polisie, sê die hoenders is glo gebruik om dwelms te smokkel. “Weens die hoenders se stank kon die dwelms nie geruik word nie.” Die polisie het op die dwelms beslag gelê terwyl die Dierebeskermingsvereniging (DBV) die hoenders gevat het. Volgens die berig het lede van die GPF op ʼn wenk reageer toe hulle vier vroue in die bordeel gevind het, een was glo besig met ʼn seksdaad toe hulle betrap is. Hulle het ook kontant, sowat 100 pornografiese DVD’s, dagga en kokaïen kristalle gevind. “Daar was sowat 15 fone wat voortdurend gelui het soos kliënte die bordeel gebel het,” het Marius Freysen, voorsitter van die GPF, aan Beeld gesê. Hy sê die eienaar van die huis, wat met een van die vroue getroud is, kon nog nie opgespoor word nie. Die vroue sal tereg staan op aanklagte van die besit van dwelms en prostitusie.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.