Hof beslis in AfriForum se guns teen vuurwapenopleiding-monopolie

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Vrydag geslaag met ʼn dringende hofaansoek teen onder meer die nasionale polisiekommissaris en die South African Professional Firearms Trainers Council (SAPFTC). Die saak volg nadat die SAPD alle diensverskaffers verplig het om voor 1 November 2013 vir akkreditasie by die SAPFTC aansoek te doen. Laasgenoemde word bestuur deur ander mededingers in die professie, en direksielede van SAPFTC is self diensverskaffers. Dit beteken hulle mag nou hulle kompetisie ook reguleer.

“Dit is ʼn baie groot oorwinning deur AfriForum vir diensverskaffers in die vuurwapenopleidingsbedryf en die bevel sorg dat die geldigheid van die verskeie diensverskaffers se bestaande akkreditasies verseker is,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapveiligheid gesê.

AfriForum meen dat die SAPFTC ʼn monopolie geskep het deurdat SAPFTC sy mededingers se bedrywighede sou kon beheer, beperk en manipuleer omdat SAPFTC ‘n mededinger in die bedryf is. Die SAPFTC kon ook insae in vertroulike inligting van mededingers bekom. Die volhoubaarheid en lewensvatbaarheid van ander diensverskaffers word so in die gedrang gebring.

Volgens Cameron het die SAPD en SAPFTC sonder enige konsultasie met rolspelers die reg om opleiding te verskaf sonder waarskuwing ongeldig verklaar, deur ʼn brief uit te reik wat diensverskaffers as’t ware dwing om aansoek by SAPFTC te doen vir akkreditasie. Die hofbevel beskerm dus diensverskaffers se regte in dié verband.

“Die wapenwetgewing en regulasies is reeds ingewikkeld en moeilik om te bestuur. Koste styg ook voortdurend en gewone mense vind dit al hoe moeiliker om wapens te registreer,” het Cameron bygevoeg.

Lees ook:
AfriForum bring dringende aansoek teen vuurwapenopleiding-monopolie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris van der Berg ·

Baie dankie Afriforum. Ek het eers Vrydag by u aangesluit ek moes dit lankal gedoen het. My volle steun aan u. Ek dink alle vuurwapen Opleidingsbeamptes gee u n ferm handruk
Groete
Chris

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.