Hof besluit hy sit lewenslank al was hy minderjarig

Die konstitusionele hof het Donderdag ʼn veroordeelde misdadiger se aansoek om sy vonnis vir lewenslange tronkstraf ter syde te stel omdat hy minderjarig was toe hy die misdade gepleeg het, verwerp.

Mandla Trust Mpofu is in 2001 in die hooggeregshof in Johannesburg tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir misdade wat hy in 1998 gepleeg het. Hy is skuldig bevind aan moord, die rig van ʼn vuurwapen, ontvoering, aanranding, roof met verswarende omstandighede en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie. Hy het reeds 13 jaar van sy vonnis uitgedien. Die konstitusionele hof het bevind dat dit nie in belang van geregtigheid sal wees om Mpofu se aansoek toe te staan nie. Volgens die uitspraak het Mpofu nie destyds die hof ingelig dat hy minderjarig was met die pleeg van die misdrywe nie. Die feit dat Mpofu die aansoek vir verlof tot appèl eers 10 jaar nadat hy gevonnis is gebring het en die feit dat hy nie ‘n rede vir die vertraging het nie is ook deur die konstitusionele hof in sy uitspraak geopper. Mpofu se regsverteenwoordigers het aangevoer dat die hooggeregshof nie hulle kliënt se ouderdom ten tyde van misdrywe in ag geneem het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trudie ·

Hel as n minderjarige al die goed gedoen het , is hy gevaarlik….

Petro ·

Wel, die “minderjarige krimineel” het ook nie sy slagoffers in ag geneem toe hy die misdade gepleeg het nie. Of hoe? Sit lewenslank!!!

Mckayline ·

Dink hulle dat die feit dat hy minderjarig was, hom onskuldig maak aan sy dade, bog!! Stem saam Trudie, hou hom net daar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.