Hof: Beurse net vir wit studente

Die appèlhof het bevind dat iemand die volste reg het om in hulle testament beursgeld aan net wit studente na te laat.

Beeld berig die geding gaan oor die testament van Daphne de Villiers wat in haar laaste testament bepaal het dat slegs wit studente mag aansoek doen vir beurse van die Jean Pierre de Villiers-trust, wat sy geskep het. De Villiers het die trust geskep na die dood van haar man, ʼn hoogaangeskrewe organiese chemikus. Die beurse is vir wit studente aan die universiteite van Stellenbosch, Pretoria, die Vrystaat en Kaapstad wat MSc-grade verwerf het en oorsee doktorsgrade in organiese chemie verwerf, berig Beeld. De Villiers het verder in haar testament gelas dat indien niemand die beursgeld vir wit studente wil of kan gebruik nie, die geld aan liefdadigheidsorganisasies geskenk moet word. Die administrateurs van die trust het die hof genader en gevra dat verdienstelike studente van enige ras vir die beurse mag aansoek doen. Die appèlregters het egter bevind dat De Villiers se laaste wens nagekom moet word en dat dit iemand se volste reg is om om in hulle testament beursgeld aan net wit studente na te laat.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tamilyn ·

My broer se kind studeer Chemiese Ingeneurswese en is in sy 3rde Jaar in Pretoria se Universiteit. So ‘n beurs sal hom regtig baie help. Hoe kan hy direk kontak maak om aansoek te doen vir ‘n beurs, siende dat die Universiteite nie die laaste wens respekteer nie?

Annalize van Zyl ·

Geagte
Ek wil graag weet, wat moet ek doen om aansoek te doen vir my seun wat in 2014 LLB op Stellenbosch wil gaan leer. Ek soek ‘n beurs vir hom.

Hoor graag van u.

Dankie
Mev A van Zyl

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.