Hof beveel dat twee van ‘Waterkloof-vier’ vrygelaat moet word

Reinach Tiedt. Foto: SAPA

Gert van Schalkwyk. Foto: SAPA

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Vrydag die departement van korrektiewe dienste beveel om twee lede van die sogenaamde ‘Waterkloof-vier’ op korrektiewe toesig vry te laat.

Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt se regsverteenwoordigers het ʼn dringende aansoek voor dié hof gebring nadat die departement nie die mans wou vrylaat nie. Die departement het aangevoer hy moes eers die vorige beslissing bestudeer. Vrydag het ʼn regter egter bevind dat die departement skuldig is aan minagting van die hof. Van Schalkwyk en Tiedt word onder streng voorwaardes vrygelaat. Van Schalwyk, Tiedt, Frikkie du Preez en Chrsitoff Bekker is in 2008 tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan moord op ʼn hawelose man. Die voorval het glo in 2001 plaasgevind toe die mans nog op skool was. Du Preez en Bekker word in die Pretoria Sentraal gevangenis aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.