Hof beveel weermag om soldaat te bevorder

Die hooggeregshof in Pretoria het beveel dat ʼn soldaat wat sedert 2006 op dieselfde salarisvlak is, bevorder en sy salaris aangepas word.

Regter Sullette Potterill het die minister van verdediging en die hoof van die weermag beveel om lt. kol. Michael Joseph Carter (59) tot kolonel te bevorder. Die regter het verder beveel dat Carter se salaris terugwerkend aangepas word. Carter het in 1970 by die weermag aangesluit. Hy het sy werkgewer hof toe gevat nadat hy verskeie kere oor die hoof gesien is vir die pos van senior beampte vir gasvryheid. Carter voer aan dat hy verskeie kere in die pos waargeneem het en dat hy sedert 2004 as geskikte kandidaat vir die pos benoem is. Carter sê ʼn vroulike bevelvoerder, wat se hoogste kwalifikasie ʼn graad 12 sertifikaat is, is in 2008 tot kaptein bevorder ten einde die pos te vul. Die weermag voer aan dat Carter nie bevorder is nie weens regstellende aksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.