Hof gaan sê oor Krejcir

Radovan Krejcir. Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir. Foto: www.lidovky.cz

Die hooggeregshof in Johannesburg sal na verwagting Maandag uitspraak lewer oor of Radovan Krejcir in ʼn hospitaal opgeneem moet word nadat hy glo na sy arrestasie deur polisiebeamptes aangerand is.

Die Tsjeggiese sakeman se regsverteenwoordiger het Sondag ʼn dringende aansoek voor die hof gebring om Krejcir in ʼn hospitaal te laat opneem. Regter Ramarumo Monama het uitspraak tot 11:00 Maandagoggend voorbehou. Krejcir se dokter beweer dat hy nierversaking kan kry indien hy nie in die hospitaal opgeneem word nie. Hy sê Krejcir se beserings is in ooreenstemming met iemand wat aangerand is. Krejcir en ʼn medebeskuldigde is veronderstel om vanoggend in die Alberton-landdroshof te verskyn. Dit is egter nog nie duidelik of Krejcir wel vandag sal verskyn nie weens die nuutste verwikkelinge. Krejcir is Vrydagaand by sy huis in Bedfordview in hegtenis geneem op klagte van poging tot moord en menseroof.

Lees ook:
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Daar bestaan al lankal, al ‘n paar jaar, nie meer ‘n landdroshof op Alberton nie, so ek wonder of in die straat gaan verskyn

Henrietta Klaasing ·

“Hy is my vriend, finish en klaar!” – ek kan nie help om weer aan ou Jackie en sy maatjies te dink nie … ek wonder WIE almal gaan nou hierdie woorde in verband met Radovan uitspreek …. ek ruik ‘n ROT en ‘n baie grote daarby!

Stoere Boer ·

Ruik ek iets van maak voorbrand vir mediese parool aan ‘n misdadiger as hy skuldig bevind word?

Peter Says ·

Hy probeer die oudste “truuk” in die boek, maar nouja, nou is dit > Swem jannie Swem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.