Hof hoor oor Anene se beserings

anene-booysenʼn Paramediese beampte het gister in die rondgaande hof in Swellendam in die Wes-Kaap getuig oor die gruwelike beserings wat die 17-jarige Anene Booysen opgedoen het nadat sy verkrag, geskend en vir dood agtergelaat is.

Veiligheidswagte het op 2 Februarie op ʼn erg beseerde Anene afgekom by ʼn bouperseel op Bredasdorp. Die SABC berig dat die paramediese beampte Wikus Kiewiets en sy span na die toneel ontbied is. Kiewiets het getuig dat Anene erg beseer was en dat haar ingewande tussen haar bene uitgehang het. Anene is later die dag in die Tygerberg-hospitaal oorlede. Johannes Kana word daarvan beskuldig dat hy Anene verkrag en vermoor het. Sy moordverhoor het Maandag begin. Hy het vroeër erken dat hy saam met Anene by ʼn kroeg gekuier het en dat hy haar verkrag het toe hulle die kroeg verlaat het. Hy ontken egter dat hy haar vermoor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Amy ·

Dis darem baie wreed. Sy het ‘n verskriklike dood gesterf. Die mense wat dit aan haar gedoen het, moet vir ALTD EN ALTYD opgeluit word. Hul mag dit aan geen meisie/vrou ooit weer doen nie. Sulke mense kan nie gerehabeliteer word nie.

Hannetjie ·

Ek dink daardie man moet begin om sy makers uit te wys ! Dink hy te bang die selfde lot tref sy familie as hy hul uitwys. Wat het geword van die man wat die vrou geedentifiseer het? Net die feit dat sy hom genoem het as een van haar aanvalers moet ontenseglike bewyse teen hom wees ongeag die sogenaamde “bewyse” dat hy nie daar was nie.Sy het hom uitgewys en is dit nie genoeg is om hom skuldig tr bevind nie is dit slegte nuus vir ons regsgeleerdes en polisie want as jy jou aanvaller op uitkeningsperade gaan uitken gaan dit niks beteken nie ,want die geidentifiseerde se mamma kan net se haar seun/dogter is dan so voorbeeldig en sal dit nooit doen nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.