Hof hoor oor baba se beserings

baba-voete-320x320ʼn Patoloog het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria getuig oor die afgryslike beserings wat ʼn drie weke oue babaseuntjie opgedoen het voor sy dood. Die baba se stiefpa staan tereg op aanklagte van mishandeling en moord.

Christiaan Oldewage (28) het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom. Juanita Fourie, die ma van die baba en Oldewage se vrou, het in Augustus vanjaar selfmoord gepleeg. Sy is saam met Oldewage aangekla vir die moord op haar babaseuntjie. Die baba is dood weens verskeie beserings waaronder ʼn skedelbreuk, gebreekte ribbes, ʼn gekneusde long en ʼn bloeiende nier. Hy is ure nadat hy in die Montana-hospitaal, noord van Pretoria, opgeneem is oorlede. Lorraine Prinsloo, ʼn patoloog, het Maandag in die hof getuig dat die baba, wat vier kilogram geweeg het, bloed in sy buikholte en ʼn skeur aan die wand van sy brein gehad het.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Henko ·

Afgryslik. Sou dit nie beter wees as hierdie ‘ mens ‘ homself ook om die lewe gebring het.

Justis ·

Dit is verskriklik wreed. Hoe kan enige ouer so iets aan n weerlose baba doen?
Persoonlik sal ek nie na een van die twee verwys as n mens nie.

Ai Ai ·

Die seuntjie was maar 3 weke oud, hoe kry enige mens dit reg?, ek weet van iemand wat so sukkel om swanger te kan raak, en wat ‘n kind die beste lewe kan gee, dan kry jy die wat kinders doodmaak, hoop julle kan jul oë toemaak in die aand!

Jasper ·

Sal daardie weerlose kleintjie se droewige huilstemmetjie aan hom kleef, dag en nag ?

Dina ·

Die mense wat dit aan die weerlose baba gedoen het is monsters!!! ‘n Dier sal nooit eers so iets aan ‘n kleintjie doen. Maksimum straf vir hom!!!!! Hy moet uit die samelewing permanent verwyder word. Angswekkend!!! Ek het nie woorde……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.