Hof hoor pa het bedoeling gehad om baba te vermoor

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag gehoor dat getuienis wat in die hof voorgehou is bewys dat Nolan Schoeman (32) die bedoeling gehad het om sy babaseuntjie te vermoor

Die staatsaanklaer, Cornelia Harmzen, het aangevoer dat bewysstukke van medici en die getuienis van ʼn jong seun bewys het dat Schoeman die bedoeling gehad het om sy seun, Wade, dood te maak. Sy het ʼn beroep gedoen op die hof om Schoeman se verweer dat hy niks van die gebeure kan onthou nie, te verwerp. Harmzen het aangevoer dat die staat bo redelike twyfel bewys het dat Schoeman en Marissa Rudman (36) skuldig is aan die moord op hul baba. Die twee maande oue Wade is in April 2009 aan kopbeserings dood in die Steve Biko hospitaal. Die hof het onder meer gehoor dat Wade se skedel besig was om te verbrokkel weens sy beserings. Regter Cynthia Pretorius sal op 13 Augustus uitspraak lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.