Hof hoor “reeksverkragter” was al in tronk

ʼn Beweerde reeksverkragter, wat glo 33 meisies verkrag het, het Vrydag in die Alberton landdroshof gesê dat hy voorheen aan verkragting skuldig bevind is.

Die 40-jarige man, wat se naam nie bekendgemaak kan word nie, het aan die hof gesê dat in 1997 aan verkragting skuldig bevind is en in 2005 uit die tronk vrygelaat is. Die man staan tereg op 33 aanklagte van verkragting en 33 van poging tot moord. Die man het die hof probeer toespreek oor die meriete van die huidige aanklagte teen hom maar is aangeraai om eers sy saak met ʼn regsverteenwoordiger te bespreek. Sy saak is uitgestel tot 10 Februarie om regsverteenwoordiging te kry. Die hof het versoek dat die man se naam nie bekendgemaak word nie aangesien dit moontlik die saak kan beïnvloed. Die man is Dinsdag aan die Oos-Rand in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van meisies tussen die ouderdomme van 10 en 14. Sy modus operandi was glo om meisies te nader wat in die straat speel en hulle dan ma ʼn veld te lok waar hy hulle glo verkrag het. Hy het glo ook meisies gevolg nadat hulle by ʼn winkel was en hulle dan daarvan beskuldig dat hulle vervalste geld gebruik het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.