Hof hoor van tiener se marteldood by ‘opleidingskamp’

Raymond Buys. Foto: news.grouperly.com

Die Vereeniging-streekshof het Dinsdag skokkende getuienis aangehoor van die beweerde marteldood van Raymond Buys (15).

Buys is in April 2011 dood nadat hy ʼn omstrede opleidingskamp vir wildbewaarders bygewoon het. Hy is ʼn maand nadat hy in ʼn hospitaal in Vereeniging opgeneem is weens talle beserings dood, berig Beeld. Hy het onder meer skedelfrakture opgedoen tydens die 10-weeklange wildbewaringskursus, waartydens hy glo verbied was om met sy gesin kontak te maak.

Alex De Koker (49), die eienaar van Echo Wild Game Rangers, en een van sy werkers, Michael Erasmus (20), staan tereg op aanklagte van moord, kindermishandeling en -verwaarlosing, en twee sake van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Gerhard Oosthuizen (19) het Dinsdag in die hof getuig. Oosthuizen het gedurende die kamp saam met Buys ʼn tent gedeel. Hy het getuig dat Buys in die aande met kettings aan sy bed vasgebind is. Hy mag glo nie badkamer toe gegaan het nie en moes langs sy bed ontlas. Hy is ook in ʼn stadium forseer om sy eie ontlasting te eet.

Oosthuizen was erg verswak en kon nie al die handearbeid verrig wat die seuns glo gedwing was om te doen nie. Dit het glo veroorsaak dat Buys gereeld deur die verdagtes glo met planke, pype, stukke van ʼn tuinslang en stokke geslaan is.

Hy het verder getuig dat hy gesien het hoe die verdagtes Buys, wat kaal op ʼn stoel met ʼn kussingsloop oor sy kop vasgebind is, met ʼn skokstok gemartel het.

Oosthuizen se kruisondervraging sal na verwagting Woensdag begin. – Sapa

Lees ook:
15-jarige sterf ná omstrede ‘verregse’ wildbewaringskursus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Joryn ·

Ek is geskok!!!!!As hulle nou die “opgeleide wildbewaarders” op die wild sou loslaat……………..ek kan my nie iets meer siek indink nie.Skande Skande…….hoop skuldiges word ook “opgelei” en dan toegesluit.

H Smit ·

Dit is verskriklik om te dink dat mense in staat is om so iets aan iemand te doen nadat hy en sy family onder die indruk was hy gaan opleiding ontvang en soveel betaal het, en dis die nuus wat hulle ontvang. Ek hoop geregtigheid see vier in die geval. My simpatie met die seun se familie. Dit is ‘n tragedie.

Niel Snyman ·

Diere….ek se weer, bring die doodstraf terug dan sulke gemors nie nog ons tronke vol maak en op die belasting betaler se onkoste in luxury lewe nie!!! Hulle verdien die swaarste, hardste straf denkbaar, my dogter is 15, en so n lot mense sal ek met eie hand laat boet…kom wat wil!!!! ‘n wanabee soldaat die Alex De Koker, word ondermeer aan ET (AWB) verbind…tipies, het dit heel waarskynlik nie in die weermag gemaak nie, nou wil hy ander jongmense se lewens verwoes… VARK!!!! Ek is eintlik skaam om deel van dieselfde ras an geslag as jy te wess!!!! Kom try jou k@k met my, ASSEBLIEF!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.