Hof hoor vandag oor Zuma-skildery

‘n Volbank (drie) regters sal vandag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg die ANC se aansoek aanhoor oor die omstrede kunswerk van president Jacob Zuma waarop sy geslagsdele ontbloot is.

Die ANC en Zuma het aansoek gedoen om ‘n hofbevel wat die Goodman Galery dwing om die kunswerk deur Brett Murray te verwyder. Die partye eis ook dat City Press ‘n foto van die skildery van sy webwerf verwyder. Die kunswerk is Dinsdag toe die saak aangehoor is deur twee vandale beskadig. Die mans, Barend le Grange (58) en Louis Mobokela (25), is in hegtenis geneem en die skildery is uit die galery verwyder. Le Grange en Mobokela het in die hof verskyn en die saak is uitgestel tot 28 Junie. Nog ʼn man is in hegtenis geneem nadat hy met ʼn spuitkannetjie op ʼn muur buite die galery geverf het. Maile Moyo (54) sal weer op 14 Junie in die hof verskyn. ʼn Veiligheidswag van die Goodman-galery, Paul Molesiwa (36), is gister op aanklag van aanranding in hegtenis geneem en is op borgtog van ʼn R1 000 vrygelaat. Hy sal op 28 Mei weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.